Afrikaans is Lekker is terug in 2024 met Jo Black en Refentse. Jo Black is meer as net musiek, dit is ‘n motiverende optrede. Een van die grootste kunstenaars in Suid Afrika. Refentse is ‘n Afrikaanse sanger wat in Vereeniging grootgeword het. Hy was 17 toe hy op die sypaadjie van sy ouerhuis in Unitaspark, ‘n voorstad van Vereeniging, opgemerk is terwyl hy kitaar gespeel en gesing het. Die res is soos die gesegde geskiedenis.
Kom kuier saam met die twee in Afrikaans. Optrede moontlik gemaak deur Afriforum Wêreldwyd.
Share This Event